Hier’s dit!
Die beste resepte van die eeks "Boerekos met Dine van Zyl", met nog vele kwylbekstories en -resepte. Bestel solank om joune te
verseker, ons pos uit vanaf Julie.
Also available in English.
Kom Dine by my
In Rooi-Els draai jy links by die derde huis van die klipkoppie af na ’n spens vol kaapsche jongens, laas jaar se oes, gefles en góéd gebrannewyn.
Terwyl jy hap aan die beskonke druifbomme kyk Boetman die wolfhond jou beskuldigend aan met bejaarde oë.
Lees Meer ...
Afval ... dis mos boerekos!
In Dine van Zyl se resepteboek, Die grrot boerekos-boek, herleef jou ouma se kombuis! Van sop, vis, vleis tot nagereg ... presies soos net `n boervrou dit kan maak. Nou kan jy ook! Ons het `n paar afvalresepte uitgekies om jou `onthou jy nog...` aan die gang te kry
Lees Meer ...
Nog ’n skeppie koesterkos
Die skrywer en joernalis Dine van Zyl raak liries oor boerekos, oftewel “koesterkos”. Uit haar liefde vir dié spyse is ’n hele aantal wyshede gebore. Soos “As mens so gelukkig is om gekoester groot te word, hunker jy na koesterkos. Pizza maak jou vol, maar dit bevredig jou nie”. Almal hunker die een of ander tyd na huiskos soos wat net Ma of Ouma dit kon maak en dit is juis dié honger wat sy skeppie vir skeppie probeer stil.
Lees Meer ...