Potjiekos-En-PotpraatjiesPotjiekos en potpraatjies

Dine van Zyl bied jou ʼn opwindende, splinternuwe boek oor potjiekos met ewe nuwe resepte. Daar is ook ʼn paar tradisionele gunstelinge by, beter as wat jy ooit geproe het. En as jy nie weet nie, vertel die boek jou alles oor die aankoop van jou pot, hoe om die pot te behandel, die vuur te maak en jou potjiekos aanmekaar te slaan. Geniet die humoristiese stories, en die kleurfoto’s van potjiekos en reise in Afrika. ʼn Uitstekende geskenk (en moenie jouself vergeet nie).

ISBN 978-0-620-64356-6
Skrywer: Dine van Zyl
Uitgewer: Dine van Zyl Publikasies
Formaat: 176 volkleur bladsye 250 X 190 mm (H X W)

Potjiekos-And-Potpourri

 

Potjiekos and pot-pourri

Dine van Zyl offers you an exciting, new book on potjiekos. Some of the scrumptious recipes were borrowed from other cultures, unique and delicious, others are local – and better than you have ever tasted. Enjoy the humoristic stories and colour photographs of tasty potjiekos, and travels in Africa. And if you do not know how to cook potjiekos, this lovely book will show you how to make your own potjiekos, from choosing the pot, making the fire, preparing the vegetables, to packing the potjie in layers. An excellent gift – and don’t forget yourself.

ISBN: 978-0-620-64357-3
Author: Dine van Zyl
Publisher: Dine van Zyl Publikasies
Format: 176 pages, full colour 250 X 190 mm (H X W)

grootboerkos“Die groot Boerekosboek” deur Dine van Zyl

Boerekos stap saam met nostalgie. ‘n Resep staan nie op sy eie nie, hy het ‘n aanloop en ‘n omte. Waar kom dit vandaan? Hoekom het ons sekere gebruike? In hierdie pragboek kan jy dit alles lees. Daar is boonop beproefde resepte en kleurfoto’s van ons tradisionele kos.
Nadat Dine van Zyl “Die Groot Boerekosboek” geskryf het, was sy die gasvrou op die gewilde KykNet-program, “Boerekos met Dine van Zyl”. Hierdie boek handel nie oor die program nie, hoewel daar oorvleueling is. Boerekos is boerekos. Jy gaan steeds boontjiebredie en bobotie kry, maar hierdie resepte is Dine se eie resepte, oor en oor beproef, met wenke en wyshede en die dinge wat die oumense gesê het. Dit gaan hier oor die beste van boerekos: die beste bobotie, beste frikadelle, beste souskluitjies.
“Die Groot Boerekosboek” is geskryf en word uitgegee deur Dine van Zyl. Dit is slegs in hardeband beskikbaar, want dit gaan ‘n erfstuk raak.

Titel: “Die groot Boerekosboek”
ISBN 978-0-620-50278-8
Skrywer: Dine van Zyl
Uitgewer: Dine van Zyl Publikasies
Aanbevole kleinhandelprys: R294,95, BTW ingesluit
Formaat: hardeband
Lengte (bladsye): 224

 

Boerekos evokes nostalgia. A recipe does not exist in isolation; it has a history. Where did the recipe originate? What routes did it follow to get to the southern tip of Africa? Why do Afrikaners have certain traditions? This is what this beautiful book is all about – plus there are 224 pages filled with tested recipes and colour photographs. “The Great Boerekos Book” was written and is published by award winning author and television personality, Dine van Zyl. It is available in hardcover only, for this is an important legacy for our descendants.

Title: “The Great Boerekos Book”
ISBN 978-0-620-51148-3
Author: Dine van Zyl
Publisher: Dine van Zyl Publicasions
Suggested retail price: R294,95, VAT included
Format: hard cover
Length: 224 pages

Die Groot Boerekosboek 2bk2_afr

Hier is dit! “Die Groot Boerekosboek 2”, waarin die beste resepte van die gewilde KykNet-reeks “Boerekos met Dine van Zyl” opgeneem is. Nou kan jy Tannie Stassen se tapiokapoeding maak, Johan se fantastiese skaapnek oor die kole braai en Mariana se frikkadelle in kerriesous bak – almal soek hierdie resepte. Daar is ook ander gunstelinge, soos Souskluitjies in die oond, skenkelpastei met kluitjies en soetstowe anyspatats. “Die Groot Boerekosboek 1 en 2” is elkeen ‘n volledige boek op sy eie, maar saam maak hulle ‘n erfstuk. Beide boeke is propvol kwylbek resepte, lekker stories en foto’s wat lusmaak.
Titel: “Die groot Boerekosboek 2”

ISBN 978-0-620-56019-1
Skrywer: Dine van Zyl
Uitgewer: Dine van Zyl Publikasies
Formaat: hardeband, 172 volkleur bladsye

 

 

bk2_engThe Great Boerekos Book 2

Here it is! “The Great Boerekos Book 2” with the best recipes of the popular KykNet series “Boerekos met Dine van Zyl”. Now you can make Tannie Stassen’s tapioca pudding, braai Johan’s fantastic lamb’s neck over the coals and bake Mariana’s meatballs in curry sauce – everybody wanted these recipes. There as some other favourites, like sweet dumplings in the oven, meat pie with parsley dumplings and stewed aniseed sweet-potatoes. “The Great Boerekos Book 1 & 2” can each stand on its own, but together they make a collector’s piece. Both books have mouth-watering recipes, lovely stories and photographs that will inspire you to cook.

Title: “The great Boerekos Book 2”

ISBN 978-0-620-56020-7
Author: Dine van Zyl
Publisher: Dine van Zyl Publications
Format: hard cover, 172 pages, full colour

afvalenafvalligheidjies

Afval en Afvalligheidjies

Dine van Zyl se kosboeke lees soos storieboeke, met staaltjies en vertellings van oumense. “Afval en Afvalligheidjies” is geen uitsondering nie, en die leser kan pens en pootjies (verskoon die woordspeling) in die bed lê en lees.

Daar was ‘n beperkte oplaag van “Afval en Afvalligheidjies” in 1983 en die boek het ‘n versamelstuk geword, miskien nie net vanweë die resepte en kulturele waarde daarvan nie, maar ook omdat dit op baie plekke tong-in-die-kies geskryf is (ag nee, al weer woordspeling).

Daar is destyds baie navorsing gedoen vir die boek, en Dr. Hester Claassens verwys herhaaldelik hierna in haar “Die Geskiedenis van Boerekos in Suid-Afrika”.

Die boek is vol tradisionele en interessante resepte, met wenke en opmerkings wat deur interessante karakters gegee word. Dit is weer ‘n beperkte oplaag vir ‘n nis-mark, spesiaal herdruk weens die aanvraag. Moenou nie agterna kom vra as dit reeds uitverkoop is nie.

adlAgter die lekker aan

“Agter die lekker aan” is vir mense wat hunker na regte kos. Mense wat gerus voel as skaapskenkels op die stoof stowe, karringmelkpoeding in die oond bak en appelkose soos jongmeisieboudjies stuitig in die witblits lê.

As jy ver paaie loop en die sagte gesing van ‘n ribbetjie op die kole hoor, of die wasige geur van ryp perskes ruik, of ‘n potjie sien prut en skelmpies ‘n salige stukkie proe, dan onthou jy wat saak maak in die lewe. Kos wat nie net op die tafel verskyn nie, maar waarvan jy die skeppingsproses ervaar het – van die pluk, tot die skil, toto die kook, tot die eet.

“Agter die lekker aan” is vol staaltjies en resepte, wenke en humor. Dine van Zyl vat die smul-leser op ‘n nostalgiese toer deur die kos wat ons liefhet en die dinge wat vir ons saak maak.

 


nognstukkie_kleinNog ‘n stukkie

“Nog ‘n stukkie” is vol stories, wenke en wyshede uit die Afrikaner-mond. Dit is vol resepte uit die Afrikaner-kombuis. Tradisionele kos met ‘n titseltjie van dié en ‘n proeseltjie van daai daarby.

Die Afrikaner se koskultuur is ryk aan resepte wat bewaar moet bly. Dit is die huidige geslag wat dit moet oordra van die oumense van die vorige eeu na die jongmense van die nuwe eeu, saam met die taal, literatuur, kos, liedjies, speletjies en gebruike.
“Nog ‘n stukkie” en “Agter die lekker aan” is dieselfde formaat en hoewel elkeen op sy eie kan staan, vul hulle mekaar aan.

 

Pin It on Pinterest

Share This