My ma het vandag vir my geglimlag. Verlede week het sy geslaap elke keer as ek gaan inloer. Hulle wil haar wakkermaak, maar ek sê nee wat, los maar, laat sy slaap. Dit ontstel haar net as sy wakker word en sy weet nie wie voor haar staan nie.
Hierdie week het sy gestaar na haar hande toe ek daar aankom. Sy is in die tengersorgeenheid van Gerimed op Kleinmond, en sy word so goed versorg soos wat mens graag wil hê jou 95-jarige ma versorg moet word.
Hulle is geduldig. Hulle is versigtig. Hulle voer haar, hulle was haar, hulle versorg haar. Hulle word nooit kwaad nie, dikwels onder moeilike omstandighede.
Die haartjies word gesny, die naels geknip (onder groot protes). Dit is my ma daai, altyd vol opinies.
My ma het dikwels gesê enige een kan kosmaak, maar dit is wanneer dinge begin verkeerdgaan, dat jy moet weet hoe om dit reg te knoei.
Ek wens my ma kon die geelstert proe wat ek gistraand gemaak het. Ek wens sy kon haar opinie gee (sy sou).
Ons bly langs die see en ons is so lus vir vis. Die mense sê daar is nie vis nie. Ek koop in Somerset-Wes ʼn geelstertjie, liewe tyd, die ding is so klein hy het seker nog gedrink aan sy ma. (Grappie). As die kop en stert af is, kan jy dit byna in jou pan pas.
Ek oondrooster die vissie met sout, peper, suurlemoensap, botter en geknipte lourierblare. Toe hy klaar is, het die geelstert ʼn baie sterk visserige smaak. So erg, die hele huis ruik daarna.
Net daar begin die knoeiwerk. Braai uie, knoffel en vars gemmer in die groot pan. Sit ʼn pakkie roerbraaigroente by – wortels, blomkool, groenboontjies, repies pampoen, soet groenrissie en soet rooirissie.
Vlok die vis, voeg dit by en verhit – die visruik is baie erg! Voeg ʼn opgehoopte teelepel masala by en laastens ʼn blik klapperroom. Laat die spulletjie deurMy ma het vandag vir my geglimlag. Verlede week het sy geslaap elke keer as ek gaan inloer. Hulle wil haar wakkermaak, maar ek sê nee wat, los maar, laat sy slaap. Dit ontstel haar net as sy wakker word en sy weet nie wie voor haar staan nie.
Hierdie week het sy gestaar na haar hande toe ek daar aankom. Sy is in die tengersorgeenheid van Gerimed op Kleinmond, en sy word so goed versorg soos wat mens graag wil hê jou 95-jarige ma versorg moet word.
Hulle is geduldig. Hulle is versigtig. Hulle voer haar, hulle was haar, hulle versorg haar. Hulle word nooit kwaad nie, dikwels onder moeilike omstandighede.
Die haartjies word gesny, die naels geknip (onder groot protes). Dit is my ma daai, altyd vol opinies.
My ma het dikwels gesê enige een kan kosmaak, maar dit is wanneer dinge begin verkeerdgaan, dat jy moet weet hoe om dit reg te knoei.
Ek wens my ma kon die geelstert proe wat ek gistraand gemaak het. Ek wens sy kon haar opinie gee (sy sou).
Ons bly langs die see en ons is so lus vir vis. Die mense sê daar is nie vis nie. Ek koop in Somerset-Wes ʼn geelstertjie, liewe tyd, die ding is so klein hy het seker nog gedrink aan sy ma. (Grappie). As die kop en stert af is, kan jy dit byna in jou pan pas.
Ek oondrooster die vissie met sout, peper, suurlemoensap, botter en geknipte lourierblare. Toe hy klaar is, het die geelstert ʼn baie sterk visserige smaak. So erg, die hele huis ruik daarna.
Net daar begin die knoeiwerk. Braai uie, knoffel en vars gemmer in die groot pan. Sit ʼn pakkie roerbraaigroente by – wortels, blomkool, groenboontjies, repies pampoen, soet groenrissie en soet rooirissie.
Vlok die vis, voeg dit by en verhit – die visruik is baie erg! Voeg ʼn opgehoopte teelepel masala by en laastens ʼn blik klapperroom. Laat die spulletjie deurkook.
Intussen kook ek pasta, vou die wasgoed, vee die toonbank skoon, voer vir Dapper die hond, drink tee saam met my man, antwoord ʼn paar whatsapp-boodskappe, sit vars lipstiffie aan en trek ʼn kam deur my verkere-kant toe staan hare.
Elf minute en die pasta is reg. Graham het die tafel gedek (oe, ek het darem ʼn oulike man) en ons sit aan.
Toe is daardie kos darem vir jou lekker. Geelstert met kerrie en klapperroom. Ek was so trots, want van ʼn byna oneetbare stukkie vis het ons toe ʼn uithalergereg.
Vandag gaan ek Kleinmond toe. Dit is koud in die ouetehuis. Daar sit my ma met die toegevoude handjies op die skoot. Sy kyk op. Ek weet sy ken my nie, ek weet sy kan my nie goed sien nie, ek weet sy kan my nie eintlik hoor nie, maar ek vertel haar nogtans van die geelstert en die kerrie en die klappermelk. My ma kyk na my. Dikwels kyk sy net en dan kyk sy weg. Maar vandag gee sy my ʼn lang kyk. “Dit was baie lekker,” sê ek.
En toe glimlag my ma
kook.

Pin It on Pinterest

Share This