Skrywer / Author

 

skrywerDine van Zyl is ‘n bekroonde skrywer, uitgewer en vryskutjoernalis met ondervinding in alle vorms van die media. Sy het verskeie boeke geskryf en uitgegee en haar artikels verskyn in die belangrikste koerante en tydskrifte in Suid-Afrika. Sy is ‘n bekroonde televisiepersoonlikheid en bied die reeks “Boerekos met Dine van Zyl” op KykNet aan.
Dine is ‘n toonaangewende kenner van Boerekos. Al haar kosboeke handel oor boerekos. Sy het die eerste boek oor potjiekos geskryf en so die tradisie laat herleef en die gier aan die gang gesit; sy het die eerste boek oor boerekos geskryf; en die eerste oor afval.

Dine van Zyl woon op Rooi-Els in die Overstrand. Sy is getroud met Graham McCleland, ‘n verkoelingsingenieur. Die res van die gesin is Dapper, die Duitse Herdershond.

Publikasies: nie-fiksie
• Prof. C.J. Theron – Pionier van ons Wynbou (1982), Saayman en Weber.
• Afval en Afvalligheidjies (1983), Saayman en Weber. Herdruk (2011), Dine van Zyl Publikasies
• Potjiekos (1983), Saayman en Weber.
• The Potjiekos Cookbook (1984), Saayman en Weber.
• Boerekos (1985), Human en Rousseau.
• The Woman’s Value Book on Traditional South-African Food (1985), Human en Rousseau.
• Agter die Lekker aan (2007), Dine van Zyl Publikasies
•Nog ‘n stukkie (2010), Dine van Zyl Publikasies.
•Die Groot Boerekosboek (2012) Dine van Zyl Publikasies.
•The Great Boerekos Book (2012) Dine van Zyl Publikasies.
•Die groot Boerekosboek 2 (2013) Dine van Zyl Publikasies.
•The great Boerekosboek 2 (2013) Dine van Zyl Publikasies.
•Potjiekos en Potpraatjies (2015) Dine van Zyl Publikasies.
•Potjiekos and Pot-pourri (2015) Dine van Zyl Publikasies.

Publikasies: fiksie
• Annerkant-die-berg (1998) Tafelberg
• Slagoffers (2001) Tafelberg

Toekennings vir publikasies
• 2001: W A Hofmeyr-prys vir die beste Afrikaanse Letterkundige werk.
• 2002: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Eugene Marais-prys vir Literatuur
• 2003: Spesiale vermelding: Noma Toekenning (Afrika Literatuur, toegeken deur Oxford Universiteit).
• 2005: Finalis Mondi Joernalis van die Jaar Toekenning.
• 2006: Twee nominasies as Mondi Joernalis van die Jaar.
• 2008: Gourmand Best Cookbook in the World (Agter die lekker aan)
• 2013: Suid-Afrikaanse wenner: Gourmand Best Cookbook in the World (Die Groot Boerekosboek)

Toekennings vir radiowerk
• 1985: Artes vir beste programmaker
• 1986: Akademie vir Wetenskap en Kuns: SAUK-prys vir Afrikaanse Hoorbeelde.

Toekennings vir televisiewerk
• 2013: ATKV Mediaveertjie vir beste televisie-aanbieder in ‘n lewenstyl- of kosprogram.

Ander toekennings
• 2013: Eretoekenning van die VLV van die Kaapland Sirkel Overberg vir bydrae tot die Overbergse en Strandveldse Koskultuur.
• 2013: Een van 20 mees uitsonderlike vroue in Suid-Afrika: ATKV

Fluit-fluit, my storie is uit.

Pin It on Pinterest

Share This