Kry ʼn lekker boek oor potjiekos vir die spesiale persoon in jou lewe (onthou dit kan jyself ook wees).

Klik hieronder vir “Potjiekos en Potpraatjies” – dit is ʼn weggee-prys.

So van weggee gepraat, jy gaan dit sowaar nêrens en nie gou weer so goedkoop kry nie. Bestel vir Kersgeskenke en kry klaar.

Ons stuur die boeke vir jou per koerier, en afhangende waar jy bly, is dit tjop-tjop by jou.

Die geheim is dat as jy meer boeke bestel, die prys ook minder raak, want die koeriergeld raak minder, omdat ons tot vyf boeke in ʼn sak kan sit teen dieselfde prys.

Jy sal nie spyt wees nie en die persoon wat dit ontvang, sal veral nie spyt wees nie. “Potjiekos en Potpraatjies” is ʼn lekker boek. Dit gaan jou nuwe idees gee, dit gaan jou leer om nie die pot te versuip of te verbrand nie. Dit gaan jou wys van kruie, van groente, van hoe om jou potjie in te kook, al daai sake.

Daar is pragtige kleurfoto’s wat op reise deur Afrikan geneem is, daar is lieflike resepte in. Die boek is ook vol lekker-voel stories; daar is selfs ʼn spesiale storie in vir Vadersdag.

“Potjiekos en Potpraatjies” het ʼn Gourmand-toekenning ontvang en het ʼn splinterblink goue etiket op. Ek is trots op die boek en wil dit graag met jou deel.

 

Pin It on Pinterest

Share This